Sjina vernederend verslaan in Hong Kong verkiesing

Die 2019 verkiesing in Hong Kong Distriksrade het op 24 November in al 18 Distriksrade plaasgevind, waarvan die pro-demokratiese beweging 17 oorgeneem het.

Van die 479 lede wat verkies is in die verskillende kiesafdelings, se uitslag is reeds 452 bekendgemaak.

Meer as 2,9 miljoen inwoners van Hong Kong het gestem, wat meer as 70% in die stempersentasie lewer, en is die grootste stemming wat nog ooit in Hong Kong se geskiedenis is.

Die pro-demokrate se oorwinning is die grootste verskuiwing wat die stad nog ooit gehad het, want hulle het 124 setels gehad, maar nou is 389 setels verower.

Dit bring mee dat hulle die 117 sitplekke in die Verkiesingskomitee van die Distriksraad ook inpalm wat verantwoordelik is vir die verkiesing van die Hoof Uitvoerende Beampte.

Die pro-Beijing partye en onafhanklikes het slegs 62 sitplekke, wat ’n 242 verlies meegebring het, en dit is die Sjinese se vlagskip wat ’n vernietigende slag toegedien is met ’n verlies van sowat 100 setels.