Sjina vasbeslote oor HK toekoms

Die kommunistiese regering in Sjina is vasbeslote om geen inmenging te duld in die Hong Kong krisis wat reeds in sy vyfde maand van onrus is nie.

Sjina het in ’n verklaring gesê hy sal niks verdra wat enige instansie of moondheid mag oorweeg om Hong Kong se “een land, twee stelsels” se formule te verander in die stad nie.

Sjina sê hy beplan ’n volle sitting van sy regerende Kommunistiese Party wat die week tot ’n einde loop, om die Hong Kong aangeleentheid tot finaliteit te bring.

Die oproerige stad het ’n groot bespreking ontlok in die vergadering, en Hong Kong is in afwagting om te verneem wat Sjina se optrede sal wees in die toekoms.

Die pro-demokratiese aktiviste het in die afgelope maande Hong Kong se rooskleurige ekonomiese stand verander tot ’n negatiewe groei, en talle sakeondernemings was genoodsaak om hulle deure permanent te sluit.