Sjina steel VSA intelligensie eiendom

Die Amerikaanse FBI het sy spyt uitgespreek omdat hy te lank gewag het en daarmee die Sjinese toegelaat het om in die VSA intelligensie eiendom te steel.

Die FBI sê VSA gebaseerde navorsers wat intelligensie eiendom sou verskuif, het in die slag gebly toe dit vanaf die laboratoriums versend is.

’n Afdelinge van die FBI se intelligensie netwerk het in ’n verslag aan die Senaat getoon dat Federale agente te stadig gereageer het op inligting dat Sjina besig is om sensitiewe eiendom te steel.

Die verslag wys daarop dat dit ook verband hou met die moontlikheid om Sjina in staat te stel om sy ekonomie en militêre vermoë te verbeter.

’n Woordvoerder van die FBI het aan die Senaat gesê Sjina het met sy Thousand Talents Plan gehoop om 2,000 mense te werf, en het uiteindelik met 7,000 geëindig in 2017 omdat die FBI nie vinnig genoeg toegeslaan het nie.

Washington glo die Sjinese gebruik die mense wat gewerf is om sensitiewe inligting en tegnologies gevorderde besonderhede te bekom wat hulle kan gebruik.

Sjina het telkens die beskuldigings van Amerika dat sy tegniese inligting gesteel word, verwerp en gesê al die bewerings is ongegrond.