Sjina bereid om terug te veg

Die Sjinese president het gesê hy wil ’n ooreenkoms met die VSA beklink, maar “is nie bang” vir die handelsoorlog nie.

Kommer bestaan dat onderhandelings in duie kan stort nadat die Amerikaanse politici in die Huis van Verteenwoordigers ’n wetsontwerp goedgekeur het ter ondersteuning van die Hong Kong protesteerders.

President Xi Jinping het die afgelope naweek gesê Sjina behou ’n “positiewe benadering” met betrekking tot die samesprekings oor ’n handelsooreenkoms, maar sal bly veg om die beste ooreenkoms te bereik.

Ekonomiese deskundiges wys daarop dat alhoewel die Sjinese nie laat blyk dat die huidige handelsoorlog ’n negatiewe invloed uitoefen op die groeikoers nie, is dit bekend dat ’n koers van 6% bereik word terwyl Sjina nie minder as 11% moet toon om te voorkom dat werkloosheid verder toeneem.