Serwië ondersoek Russiese omkopery

Serwië se President Aleksandar Vucic het beveel dat ’n intensiewe ondersoek begin word na ’n video getoon het dat Russiese intelligensie beamptes geld oorhandig aan ’n Serwiese burger. Die president is van oordeel dat die video slegs die punt van die ysberg is van omkopery betrokke is.

’n Ondersoeker van Boelgarye, Christo Grozev, sê die video wat geplaas is op die internet toon hoe ’n militêre assistant by die Russiese ambassade in Belgrado ’n Serwiese agent ontmoet het.

Hy beweer ook dat hy met spesiale rekenaar sagteware daarin kon slaag om die Russiese man wat in swart klere was, kon identifiseer.  

Die video toon hoe die twee mans mekaar hartlik groet en later plastiek sakke uitruil, waarvan een ’n houer met kontant is.

Waarnemers reken die video kan lei tot ’n versuring in die diplomatieke bande wat tans heers tussen Serwië en Rusland.