Samewerking tussen Johnson en Farage gevra

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aanbeveel dat die leier van die Brexit party, Nigel Farage, hom sal verbind tot samewerking met die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, geurende die algemene verkiesing.

Die president sê dit is die sekerste manier om Jeremy Corbyn as leier van die linkse Arbeidersparty uit die premierskap te hou.

Trump het vroeër tydens ’n besoek aan die Europese Unie gesê die opposisieleier van Brittanje is “baie sleg vir Brittanje”

Nigel Farage het egter gesê daar is voorwaardes waaraan Johnson se Konserwatiewe Party moet voldoen, maar hy glo dat dit wel die geval sal wees.

President Trump het ook daarop gewys dat die Europese Unie die Britse ekonomie “teruggehou het” van vooruitgang, en die uittrede sal verwelkom.