SAL vlugte hervat dalk vandag

Die bankrot redery SAL het alle vlugte gekanselleer en wil glo poog om dienste Maandag te hervat, maar die grootste skade het reeds gekom van R52 miljoen per dag wat verlore is.

Die staking van sy personeel het gevolg nadat geen ooreenkoms bereik kon word oor salaris aanpassings nie.

Die SAL woordvoerder, Tlali Tlali, het aan die media gesê die staking is weens ’n loongeskil sowel as die feit dat sowat 1,000 werkers afgelê gaan word om die redery van algehele ondergang te red.

Die woordvoerder sê die SAL is nie in die vermoë om meer as 5,9% aan te bied nie, maar die werkers eis ’n verhoging van 8% wat vanaf Desember in werking moet tree.

Finansiële kundiges het weer ’n beroep op die regering gedoen om die SAL entiteit te verkoop sodat ’n privaat instansie dit effektief kan bedryf.