SAL kan personeel afleggings verwag

Die bankrot SA Lugdiens se probleme kan slegs opgelos word deur ’n doelgerigte herstrukturering proses te begin, en dit sal noodwendig lei tot die aflegging van honderde personeellede.

Die SAL is reeds verskeie ker daarvan beskuldig dat hy net soos Eskom, hopeloos te veel personeel het vir die volume werk wat gedoen moet word.\

Die sukkelende entiteit het aangekondig dat herstrukturering eersdaags gaan begin, en dit kan meebring dat byna 1,000 poste afgeskaf gaan word.

Die redery is vrot van die skuld, en Moody’s se onlangse afgradering van SA se ekonomiese stand, het die ANC verplig om met maatreëls te begin wat verdere afgraderings kan voorkom.

Een van die swakste entiteite van die staat is die SAL wat te midde van herhaald reddingsboeie, steeds voortgegaan het asof geld uit die lug val.

Waarnemers reken egter die ANC regime behoort ook toe te tree tot Eskom wat hopeloos oorbevolk is met werkers wat onopgelei is, en hoë salarisse ontvang.

Die SAL het tans meer as 5,000 werkers, en kenners reken dit behoort nie meer as 3,500 te wees nie.