SAID hoof van regsake afgedank

Edwars Kieswetter

Refiloe Mokoena, die hoof van die SA Inkomstediens se regsake afdeling, was na bewering betrokke by die kontroversiële Guptas waarby R420 miljoen ter sprake was.

Die afgelope Vrydag is hy tydens ’n dissiplinêre verhoor skuldig bevind van ernstige oortredings en is sy ontslaan met onmiddellike effek.

Dit is deel van die nuwe hoof in die SAID se onderneming om die Inkomstediens weer te lei tot ’n betroubare entiteit wat ook weer beklee moet word met integriteit.

Na bewering was Refiloe Mokoena deel van ’n komplot waar ’n terugbetaling van R420 miljoen aan die Guptas gemaak moes word, en is hy in Oktober verlede jaar geskors, hangende ’n dissiplinêre verhoor.

Die SA Inkomstediens sê die kommissaris, Edwars Kieswetter, is verbind daartoe om alle senior amptenare se werksaamhede na te gaan en enige ongerymdheid te beëindig om die vertroue in die entiteit te herstel.