SA se Water krisis vergroot

Dit is nie net ’n ernstige tekort aan water wat Suid-Afrika in ’n krisis laat beland het nie, maar ook die styging van R1,7 miljard in die skulde van water dienste.

Die kommerwekkende is ook dat die land se Water Diens Infrastruktuur  het glo ook inmekaar gestort volgens die verslag van ’n ministeriële taakspan wat in 2017 aangewys is.

Die taakspan wat ook moes vasstel wat die munisipaliteite se skuldlas beloop nadat vasgestel is dat ’n toename van R1,7 miljard sedert Maart 2018 tot September 2018 gestyg het terwyl ’n verdere bedrag van R1,8 miljard verskuldig is van die vorige jaar.

Die skuldlas word toegeskryf aan “verouderde” toerusting, maar deskundiges sê die verantwoordelike beamptes het 25 jaar tyd gehad om opgradering te doen, maar het net hulle sakke vol geld gestop en nie verantwoordelik opgetree nie.

Intussen het kommer toegeneem oor die vinnige daling van die Vaaldam se watervlak omdat pogings om die dam se besoedeling “goedkoop” te verwyder, gedoen word deur die sluise oop te trek.