SA Lugdiens weer “in die lug”

Die bankrot SA Lugdiens het weer sy vliegtuie in die lug na ’n week van stakings wat die redery sowat R350 miljoen uit sie sak gejaag het.

Die personeel is almal terug op hulle pos nadat ’n verhoging van 5,[email protected], terugwerkend van April, deur die vakbonde aanvaar is.

Die vakbonde het egter daarin geslaag om die ANC regime te oortuig om nie die bykans 1000 werkers af te lê nie, wat beteken dat die entiteit se pogings om hom reg te ruk, eerder in die bek geruk is.

Die SAL gaan ook nie daarin slaag om met die oorbevolking van werkers, sy enorme skuldlas af te werk nie, en die R28 miljard wat betaal moet word kan veroorsaak dat die ANC weereens die belastingbetaler se geld gaan gebruik.