Russiese joernaliste ook spioene

Die Russiese parlementêre Laerhuis het ’n wet aanvaar wat bepaal dat individuele joernaliste ook geregistreer mag word as spioenasie agente.

Die Russiese burgery is egter bekommerd oor die besluit en sê dit is net nog ’n manier om die media aan bande te lê.

Gedurende 2012 het Rusland wetgewing aanvaar wat die owerheid die mag gee om nie0regerings organisasies en selfs menseregte groepe as buitelandse agente toelaat.

Die beoogde wetgewing ten opsigte van joernaliste moet nou deur die Russiese Hoërhuis goedgekeur word waarna President Vladimir Poetin dit finaal onderteken .

Nadat President Poetin die wetgewing bekragtig het, sal alle gepubliseerde materiaal van ’n individuele joernalis wat hoofsaaklik buitelandse vergoeding ontvang, as agent geëtiketteer word.