Russe hoop op nog S-400 verkope

Terwyl die Amerikaanse regering druk uitoefen op Turkye om nie nog S-400 missiel afweerstelsels aan te skaf nie, hoop Rusland dat hy nog bestellings uit Turkye gaan kry.

Die vermoede bestaan dat Turkye nog bestellings by Rusland gaan plaas teen die middel van 2020, en die Russiese wapentuig uitvoer maatskappy, Rosoboronexport, sit en wag vir sulke bestellings.

Indien Turkye wel verdere missiel afweerstelsels by Rusland koop, kan dit ’n finale breuk met Amerika teweegbring, wat ook die einde van die F-35 vegvliegtuig program vir die Turke kan beteken.

Turkye is ’n vervaardiger van sekere komponente van die F-35 vegvliegtuig, en indien die VSA die program staak, kan dit groot werkverliese beteken.

President Tayyip Erdogan van Turkye het reeds bekendgemaak dat Turkye binne die volgende 5 jaar, sy eie vegvliegtuig gaan bou, wat die vermoede versterk dat hy nog F-400 stelsels van Rusland gaan koop.,