Regering skuld munisipaliteite miljoene

Die ANC regering se swak prestasie op veral ekonomies en finansiële gebied word ook beklemtoon in sy onvermoë om sy skuld aan munisipaliteite te vereffen.

Die ANC se Minister van Openbare Werke, De Lille, het erken dat die staat meer as R1 miljard verskuldig is aan munisipaliteite.

Die ironie is dat van die munisipaliteite onder administrasie geplaas is terwyl die staat nie sy verpligtinge teenoor die munisipaliteite nagekom het nie.

Daar is glo van die munisipaliteite wat ’n sukkel bestaan voer, deels omdat die staat se verpligtinge teenoor hulle nie nagekom word nie, en wat lei tot ongemagtigde transaksies by die plaaslike raad.

Onbevestigde berigte lui dat De Lille met meer as 60 munisipaliteite geskakel het om vas te stel wat die verskuldigde bedrae is, wat glo in totaal R1 miljard beloop. Die ander 190 munisipaliteite moet nog gekontak word, wat dalk ’n verdere R2 miljard kan beloop wat deur die staat betaal moet word.