Regering al weer nalatig met dokters

Die ANC regering is weer soos verlede jaar, uiters nalatig met die hantering van afgestudeerde jong dokters wat uitgeplaas moet word vir hulle een jaar gemeenskapsdiens.

Sowat 2,600 jong dokters wat binne ’n maand finaal afstudeer het, is nog nie in kennis gestel waarheen hulle moet gaan vir hul verpligte een jaar diens aan die gemeenskap nie.

Verlede jaar was dieselfde nalatigheid ondervind en was studente in algehele chaos gedompel omdat die Departement van Gesondheid gesloer het om die jong dokters betyds te verwittig waar hulle diens sal doen.

Intussen is inligting ontvang dat die jong geneeskundiges bekommerd is dat die owerheid nie gereed is om hulle uit te plaas nie, en dus ook nie die nodige inligting en maatreëls getref het om hulle te vergoed nie.