Reën welkom, meer reën voorspel

Verskeie gebiede het welkome reën ontvang, maar in baie dele waardie droogte ongekende afmetings aangeneem het, word baie meer reën benodig om weer tot normaal terug te keer.

Die afgelope paar dae het reën oor verskeie dele uitgesak, maar almal kyk met verlangende oë na die weerpatroon met die hoop dat die water krisis beëindig sal word.

Terwyl swaar neerslae in die Tuinroete gebied verwag word, is die voorspelling vir Oudtshoorn minder gunstig, terwyl die distrik gebuk gaan onder ’n ernstige water tekort.

Goeie reën is in Natal en Oos-Transvaal ontvang, en Sentraal Transvaal sowel as in die Verre-Noord het goeie reënbuie uitgesak, maar veel meer is nodig om die knellende droogte te breek.

Die res van die week kan egter op verskeie plekke reën verwag word, en plekke soos Kimberley en dele van die Vrystaat kan neerslae verwag.

Intussen is ’n beroep gedoen op Suid-Afrika om water te spaar, maar ingeligte bronne wys daarop dat daar ’n groot verkwisting in verskeie plakkerskampe ondervind word, en dat krane sommer gebruik word en nie weer toegedraai word nie.