Rand op sy laagste

Na die teleurstellende middel-termyn begrotings rede van Tito Mboweni het die Rand sy laagste vlak in weke bereik.  Die reddingsplan van Eskom het nêrens werklik gefigureer in beide Pravin Gordan se voorlegging of Mboweni se begrotings rede nie. 

Die regering se finansiële toestand is vinnig besig om te verswak met die nasionale skuld van R3 triljoen en ʼn belasting tekort van R53 miljard. 

Die verwagting is dan ook dat Moody’s die land gaan afgradeer na negatief van waar dit tans staan op stabiel.

Daar is egter vrese dat Moody’s die land direk as skroot gaan afgradeer wat Regerings effekte gaan beïnvloed aangesien die Citigroep se Wêrelds  Regerings Effekte Indeks slegs effekte bevat wat met beleggings graad kwalifiseer.