Ramaphosa se plaaswerkers afgedank

Ramaphosa by sy beeste

Die ANC president, Cyril Ramaphosa het van sy plaaswerkers afgeleq, en sê dit is ’n sake besluit wat geneem is.

Ramaphosa besit ’n plaas in die Oos-Transvaal, en daar word met beeste geboer, maar die bek-en-klouseer wat in ’n swart gebied van Noord-Transvaal uitgebreek het, het versprei na Oos-Transvaal.

Die Ankole, ’n beesras uit Amerika, is Ramaphosa se keuse, maar nou het die bek-en-klouseer ook sy gebied besmet, en kan sy beeste besmet.

Die ANC president het die helfte van sy plaaswerkers afgelê uit vrees dat die bek-en-klouseer ook op sy plaas gaan uitbreek, alhoewel dit nog onduidelik is oor waarom die afleggings gedoen is want die werkers is seker nie verantwoordelik vir die verspreiding van die siekte nie.

Een van die 22 plaaswerkers wat afgelê is, sê hy is met nie ’n enkele sent in sy besit, afgedank nie.

Die orige 24 permanente werkers sal toesien dat die beeste, tesame met die bul wat hy onlangs aangekoop het vir R500,000 nie beke-en-klouseer opdoen nie.