Ramaphosa na Brics in Brasilië

’n Afvaardiging van Suid-Afrika, onder leiding van die ANC se president, Cyril Ramaphosa is na Brasilië waar die Brics lande vergader.

Die Brics lande, bestaan uit Brasilië, Rusland, Indie, Sjina en Suid-Afrika, hou vanjaar se byeenkoms in Brasilië.

Ramaphosa en die ANC se visepresident, David Mabuza, is reeds met ’n volle afvaardiging na Brasilië.

Ander lede van die afvaardiging is Tshepo Motsepe, Minister Naledi Pandor, Minister Mboweni, Minister Ebrahim Patel, Minister Zwelini Mkhize en minister Ayanda Dlodlo.

In die afwesigheid van Ramaphosa en Mabuza, neem Nkosazana Dlamini-Zuma waar as die ANC se president.