Ramaphosa en die groot beloftes

Net soos in 2018 toe die ANC se president ook vertel het van hoe baie beloftes hy gekry het van beleggers, net so smokkel hy weer met die kiesers van Suid-Afrika se koppe.

Vanjaar het hy glo beloftes gekry van R360 miljard wat belê gaan word, en dan word name soos MTN en ander niksbeduidende instansies se name genoem.

Sjina, Rusland, Brasilië, en Indie, wat almal deel is van die Brics lande, gaan glo R23 miljard belê in die land, maar kenners wys daarop dat hulle ook verlede jaar belowe het, en nie betaal het nie.

Transnet sal R23 miljard investeer, maar dit sal oor die volgende 5 jaar gedoen word, en kenners het hulle bedankinge oor hoeveel meer werksgeleenthede dit sal meebring.

MTN wil R50 miljard oor die volgende 5 jaar belê, maar dit lyk nie of sulke beleggings ooit lei tot meer werksgeleenthede nie.

Dan bring die president weer die “Landbou Ontwikkelings Agentskap” se beoogde projek na vore wat glo R13 miljard sal beloop en honderde werksgeleenthede sal daardeur geskep word.

Finansiële deskundiges wys daarop dat verlede jaar se baie werksgeleenthede wat deur “beloftes” geskep is, uiteindelik gelei het tot ’n nog groter werkloosheid, en voorsien dat dieselfde weer gaan gebeur met vanjaar se beloftes.