Ramaphosa besoek oneffektiewe Medupi

Medupi

President Cyril Ramaphosa bring ’n amptelike besoek aan die Medupi kragsentrale in Noord-Transvaal wat na jare van oprigting, steeds nie behoorlik funksioneer nie.

Die ANC president wil glo “inspeksie” gaan doen by die swak opgerigte kragsentrale wat nie daarin slaag om sy veronderstelde kapasiteit krag te voorsien nie.

Die besoek kom terwyl die hele Eskom ’n sukkelbestaan voer weens ’n skuldlas van R450 miljard wat volgens ekonomiese deskundiges nie binne die volgende 25 jaar afgewerk sal word nie, ongeag wie die plek bedryf, en hoe dit ontbondel gaan word nie.

Die oprigting van Medupi steenkool aangedrewe kragstasie is nie net deur omgewingsbewaarders gekritiseer nie, maar ook deur deskundiges vir die swak konstruksie wat deur onervare werkers opgerig is.

Die kragstasie het Suid-Afrika se skuldlas die hoogte ingeskiet met ’n totale oprigtingskoste van R234 miljard, terwyl dit nie goed genoeg gebou is om sy volle kapasiteit te lewer nie.