Raak ontslae van SAL

Dit is tyd dat die regering ontslae raak van die SAL redery wat net ’n meulsteen om die nek van die belastingbetalers en die staatskas is.

Die SA Lugdiens kon die afgelope dekade nie daarin slaag om winsgewend bedryf te word nie, en het soos talle ander entiteite onder staatsbeheer, slegs gedien as ’n plek waar mense hulleself verryk, se ekonomiese deskundiges.

Die ANC regering se weiering om afstand te doen van die redery en sy filiale, laat die vraag ontstaan of dit net in stand gehou word ter wille van die werkers, of is daar iets meer te lees in die aangeleentheid.

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het laat glip dat die SAL nie meer gered kan word van bankrotskap nie, wat ook ’n erkenning is dat die rgering met al sy pogings, geheel en al misluk net.

Meningsvormers sê die regering beskou die lugdiens as ’n status simbool wat nie afgeskaf kan word sonder om die land se beeld te skaad nie.