President van Brasilië stig eie party

President Jair Bolsonaro

Die “Alliansie van Brasilië” stel hom te doel om te veg teen kommunisme, globalisme, en enige ideologie wat teen die natuurlike orde is, het die nasionalistiese leier en huidige president van Brasilië gesê, om daarmee weer vertroue by die kiesers in te skerp.

Die president het die aankondiging en die stigting van sy nuwe party gedoen tydens ’n seremonie in die Brasiliaans hoofstad.

Honderde ondersteuners van die president het opgedaag om te luister na hulle leier, president Jair Bolsonaro, wat nie geskroom het om die Christelike waardes aan sy party te koppel nie.

Die president se motivering het gekom nadat hy ’n toenemende daling in steun gekry het van die Sosiaal Liberale Party, en wil daarom met sy nuwe party die volk weer ophef tot die ou waardes van Brasilië.