President, nie so nie man!

President Ramaphosa van die ANC regering se poging om die buitelandse beleggers te beïndruk, het net die teenoorgestelde uitwerking gehad.

Ramaphosa het tydens die tweede SA Beleggings Konferensie probeer om indruk te maak deur aan te kondig van ’n nuwe projek waarin 7,000 nuwe werksgeleenthede geskep kan word.

Dit het geen indruk gemaak op die honderde potensiële beleggers wat maar te bewus is van die miljoene ander werklose mense wat in Suid-Afrika is nie.

Benewens die enorme werkloosheid wat ondervind word, is daar nog ’n toename wat vroeg in volgende jaar gaan plaasvind wanneer derduisende skoolverlaters sonder ’n heenkome sal wees.

Die president wil ook later nog ’n advies komite saamstel wat oor finansiële aspekte toeligting en rigting moet aandui vir die regering, maar kenners reken dit sal dieselfde resultaat lewer as al die ander advies komitees wat tot hede saamgestel is en met geen positiewe resultate kon kom nie.