President Cyril se R25 miljard projek

“Van nou af gaan daar ernstig gemoniteer word van elke model, en diegene wat daar opdaag met korrupsie planne, sal gevra word om die plek te verlaat”, was die ANC se president Ramaphosa se waarskuwing tydens die afskop geleentheid van sy R25 miljard projek.

Ramaphosa het onderneem om die Noord-Transvaal vir twee dae te besoek om die twee afsonderlike projekte se afskop geleenthede by te woon.

Die twee projekte wat onderneem word, is glo van die grootste belang en kan ’n besonderse impak het op baie mense in die gebied se lewens as dit goed bestuur word.

Die projekte het glo die belangstelling van verskillende instansies gewek wat ingekoop het daarop, en vorm blykbaar deel van ’n sogenaamde multi-miljard Rand ontwikkelings model van die distrik.

Waterberg Distrik sal glo die leiding gee in die myndorpe en landbou afdelings waarby fabrieke ingetrek word, en die verwagting is dat die program die werkloosheid sal verminder wat tans ondervind word.