Prasa tuimel ook na benede

Soos byna alle ander staats entiteite, wil dit lyk of Prasa ook besig is om te tuimel, en die moontlikheid bestaan dat 3,000 sekuriteit werkers afgelê gaan word om die boeke te laat klop.

Prasaa moes talle sekuriteit kontrakte kanselleer, wat opgevolg is met die kanselleer van verskeie kontrakte vir instandhouding en herstelwerk.

Met die groot aantal kansellasies is dit duidelik dat die lekker leef tye van kwistige spandabelrigheid vir eers verby is, sê ekonome.

Ernstige kommer bestaan nou oor die veiligheid in Prasa se dienste, met veel minder sekuriteit, treine en voertuie wat nie gediens of herstel word nie, terwyl die land ekonomies die ekonomiese afgrond begin nader.