Pompeo gee sy amp prys vir Senaat

President Donald Trump van Amerika het bevestig dat sy Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, sy kantoor gaan ontruim om as kandidaat vir die Senaat te staan.

Onbevestigde berigte lui dat Pompeo dit oorweeg om as kandidaat vir die senaat te staan in die 2020 verkiesing van die deelstaat Kansas.

Hy het te kenne gegee dat hy bereid is tot so ’n stap om te verseker dat die Republikeine hulle meerderheid behou.

Die minister is ’n boorling van Kansas en sy bedoeling om as kandidaat te staan waar hy reeds baie gewild is, sal meebring dat Kansas ’n algehele verskuiwing van steun ondervind.

Dit sal volgens meningsvormers ’n reuse inpak kan maak op die verloop van die 2020 presidentsverkiesing, wat volgens sommige waarnemers kan lei tot die herowering van die Huis van Verteenwoordigers vir die Republikeine.