Politiek in Gauteng erg deurmekaar

’n Politieke deurmekaarspul is besig om af te speel in Johannesburg en Pretoria met die vêr linkse DA wat nog probeer om die stadsraad te beheer in beide stede.

Uiteindelik kan hulle die grootste verloorders word weens hulle hand om die nek politiek met die radikaliste in die Rooi brigade.

In Johannesburg is daar tans ’n stryd aan die gang tussen die DA en die Rooi brigade oor die burgemeestersamp, wat nou die moontlikheid inhou dat die IVP die been gaan kry terwyl die ander twee staan en veg.

Twyfel bestaan ook oor die DA en sy Rooi vennoot se saamstaan in Pretoria terwyl die eerste klanke gehoor word van die Rooies wat die burgemeestersamp opeis omdat Zille nou weer op die DA voorgrond is.

Die moontlikheid van ’n mosie van wantroue in die DA kan ook die skippie laat sink, sê politieke waarnemers in Pretoria.