Polisie vernietig duisende vuurwapens

Die SAPD beweer dat hulle sowat 20,000 vuurwapens die afgelope ses maande vernietig het wat glo onwettig in besit was.

Die vorige keer wat vuurwapens vernietig is, was op 17 April vanjaar toe 30,000 wapens deur smelt prosesse vernietig is.

Die vernietiging van wapens word as ’n positiewe punt beskou om die onwettige besit daarvan teen te werk, en die owerheid meen dit kan lei tot ’n dramatiese afname in  wapengeweld.

Deskundiges sê egter die wapens word vernietig en duisende word weer op onwettige wyse die land in gesmokkel en onder die rowers en moordenaars versprei.

Baie van die wapens is glo aan die polisie oorhandig deur onwettige besitters nadat ’n amnestie tydperk afgekondig is.