Plaasaanvaller doodgeskiet

In ’n plaasaanval in Oos-Transvaal, waar die swartes met pangas en vuurwapens hulle moordtog wou uitvoer, het minstens een van hulle gesneuwel.

Die twee bejaardes was magteloos teen die aanvallers, maar Tommy Brown wat die aand oorgebly het by sy ouers, het minstens een aanvaller geskiet, wat later sowat 150 meter weg van die huis, dood gelê het.

Die seun het eers gereageer nadat hy self deur ’n aanvaller in die been gewond is, waarna ’n oor en weer skietery begin is.

Die boewe wou nog probeer om die gewonde kameraad saam met hulle te neem terwyl hulle te voet vlug, maar moes hulle poging laat vaar toe ontdek is dat hy noodlottig gewond is.

Die drie slagoffers van die aanval is daarna vinnig na die hospitaal geneem om dringend behandeling te ontvang.