Perspektief: Die DNA van volksverraad

Kyk ons terug na ’n bloedige jaar van verskerpte venyn in die volksmoord-aanslag op ons mense, roep die bloed van 25 jaar ons tot oordenking:

maar uit daardie oordenking moet ons die lesse van ons geskiedenis leer, sodat ons nie die tragiese foute weer herhaal nie.

Vandag se volksmoord vind direkte aanleiding in die 1992-referendum en elke destydse JA-stem is ’n kapmes, ’n vuurwapen, ’n martel-instrument in die hand van die moordbendes.

Ons moet in 2019 waak teen die huigelaar-oproepe dat ons moet “vergewe en saamwerk”; ons moet die JA-stem so min vergeet as wat ons die konsentrasiekampe en hensoppers / joiners mag vergeet!

Terwyl ons die JA-stem agter ons moet plaas as gedane saak, móét ons daaruit leer wanneer ons doelgerig werk na ’n nuwe toekoms.

Dít is hoe ons pioniers-voorsate reageer het op Kompanjie-korrupsie, Slagtersnek en Engels-gesteunde Xhosa-aanvalle; dit is hoe ons Republieke gebou was, hoe ons binne 8 jaar die Engelsman se beheer kon uitdaag, hoe ons deur 1924-60 kon groei tot nuwe onafhanklikheid.

Om alleen op korttermyn oplossings te fokus, is egter om die DNA van volksverrraad te onderskat; ons moet natuurlik die korttermyn werklikhede (geweld, armoede, diskriminasie) aanspreek, maar in ons soeke na standhoudende oplossings vir ons volkskinders, moet ons uit ons verlede leer – ons moet die goeie neem en daarop bou, ons moet die foute bestudeer om dit te vermy.

Die grondslag vind ons in die grootste nalatenskap wat enige volk kan ontvang:

Die Christelike geloof van ons voorsate, vergestalt in die Statebijbel en Belydenisse wat ons geloof omskryf, skatte wat ons vandag on ons eie taal het.

In die woorde van doktor Malan moet ons terugdraai – nie met lippediens nie, maar met heilige erns én met erkenning van ons eie aandeel in die verval van ons volk.

Op daardie grondslag het ons voorsate direkte demokrasie gevestig, met verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid; regeringsdiens was nie daar om ’n klein kabaal met mag of rykdom te begiftig soos die party-politiek doen nie.

Want die party-politiek en die seekatagtige party-politieke beheer van die samelewing het die volksverraad van een swakkeling help deurvoer!

(terwyl die hofnar-pers het almal aktief mislei met halwe waarhede en leuens …)

Volksverraaier nommer een was sonder twyfel die destydse staatspresident:

máár sonder die samewerking van sy kabinet én sy party-koukus, sonder die vrywillige steun van die veiligheidsmag-bevelvoerders, en sonder die poppe-meester-sakesektor sou 1994 nie kon plaasvind nie.

Die party-politieke struktuur maak dit moontlik vir die party-koukus om die belange van miljoene vir eie gewin te misbruik.

Dit is gevaarliker as diktatuur, omdat dit deur ’n openbare sweem van “demokrasie” die vals indruk skep dat kiesers se belang gedoen word.

Oor die afgelope byna 120 jaar van party-politiek in SA het geen politieke belofte tot volle ontplooiing gekom nie – Spesifiek weens partypolitieke eiebelang.

Goeie leiers soos Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd het probeer en byna geslaag, maar is telkens ontspoor deur liberale opposisie van buite, en huigelaars van binne.

Die antwoorde is eenvoudig, ofskoon implementering bepaalde uitdagings én opofferings sal inhou:

+Demokrasie kan slegs binne volksverband, met stemreg deur verantwoordelike individue, gedy;

+Direkte verteenwoordiging, uit die volk vir die volk, vry van party-politiek, is die énigste borswering teen korrupsie;

+Regerings-diens is roeping, nie ’n betalende beroep nie;

+Staats-diens is professionele en vaardige dienslewering, vry van politieke motiewe enersyds, dienste waartoe almal toegang mag geniet, maar wat slegs deur diegene wat daarvoor betaal benut mag word; (met redelike uitsondering vir bona fide behoeftiges)

+Wedersydse verantwoordbaarheid moet deurlopend en sonder uitsondering toegepas word: daardeur sal regeerders respek verdien en sal gesag eerbiedig kan word omdat dit suiwer setel in eerbare en dienswillige regeringslui.

Ons geskiedenis het vele voorbeelde waar dit met sukses die geval was, ons moet net bereid wees om te leer.