Perspektief: Die bakermat van rassisme

Terwyl hulpbron-tekorte die SAPD van beskerming aan ons boere weerhou, word ’n  nasionale soektog gelas na ’n “veroordeelde rassis”; alhoewel geen regdenkende rugby ernstig opneem nie, was die Etsebeth rasse-sage weke lank groter nuus as die toernooi;

danksy klagtes op sosiale media het ’n gefrustreerde opmerking wat iemand hul werk gekos het, nou aanleiding gegee tot ’n hofuitspraak dat privaat-opmerkings voortaan deur werkgewers as ontslag-gronde gebruik mag word – mits die oortreder blank en die opmerking aanstoot gee.

Dit noop ons om “rassisme” in konteks te plaas.

“Rassisme”, in hedendaagse idioom, is ’n liberaal-humanistiese denkrigting wat gebruik word om debat te striem, en misbruik word om regmatige klagtes oor onkunde, onproduktiwiteit, onbevoegdheid en korrupsie te muilband – indien die skuldige nie-blank is.

In SA ken ons die deuntjie:  die “rassisme” en “ongelykheid” van apartheid is te blameer vir elke mislukking van die Afrika renaissance – indien die skuldige nie-blank is.

Wat is die waarheid?

Rasse-diskriminasie is nuut in SA – dit is ingevoer in 1994 onder dekmantel van “restitusie”, geregverdig deur Mandela, en struktureel ontwerp deur Ramaphosa en Slovo;

“rekonsiliasie” was in werklikheid ’n kwalik-bedekte haatveldtog, van stapel gestuur deur ’n  ideologies-korrupte ANC en hul liberale meelopers, om in hul eie oë en voor die wêreld ’n beeld te skep van “oorwinnaars”.

(want in hul hart van harte het hulle geweet hul “oorwinning” is aan hulle gegee deur die voormalige imperiale heersers …)

Voor 1994 was daar geen rasse-diskriminasie in óns Suid-Afrika nie.

Beginnend na 1910, en doelgerig na 1948, het Afrikaner-regerings gewerk na ’n  bedeling waarbinne elke volk hul eie grondgebied kon besit en ontwikkel.

Weens die nalatenskap van imperiale oorheersing, lukrake grens-vasstelling deur Brittanje, die vernietigende trekarbeid-stelsel en die invoer van volksvreemdes uit Indië sedert 1904, was hierdie ’n reuse uitdaging.

Dat pogings in sekere gevalle nie altyd die gewenste resultate gelewer het nie, doen geen afbreuk daaraan dat rasse-diskriminasie nie bestaan het nie.

Volks-skeidslyne is wel gehandhaaf: en die handhawing daarvan – op voetspoor van Pretorius se erkenning van Zoeloe-soewereiniteit, en Paul Kruger se lang geskiedenis van goeie betrekkinge met swart volke – het gelei tot vreedsame geleenthede vir almal.

Integraal tot die beleid van gelyke, dog afsonderlike ontwikkeling, is die nuwe bedeling en ontwikkeling van álle volke se geleenthede befonds uit oorwegend blankes se belastinggeld – daaroor was doktor Verwoerd duidelik, dat ons elkeen gelyke geleentheid sal gun, én dat ons aan elke ander volksgebied ’n finansiële hupstoot sou gee.

En dit is gedoen: vir dekades het Suid-Afrika bygedra tot die geleenthede van ander volke.

Maar ons het ons eie eerste gestel, ’n strategie wat geen kritiek kan ontlok nie – allermins van die voormalige oorheerser wie die probleme geskep het sedert 1795!

Om die werklikheid van geskape volks-skeidslyne te handhaaf, om ander volke ruimte te gun en hul ontwikkeling te help befonds, is nie diskriminasie nie.

Diskriminasie is wel dít wat ingevoer was deur die smalende Mandela-bende, en in stand gehou word deur ’n morel-korrupte ANC;

Erger – dit is wat ons mense dag in en dag uit ervaar aan die hand van ’n magsdronk regering en hul ideologiese meelopers in die sake-sektor, openbare instansies, vakbondwese en die (partydige) hoofstroom-pers.

Totdat mense hierdie waarheid nie net erken nie, maar aktief aan ons kinders leer, sal volgehoue skuldgevoelens aangeblaas word deur die propaganda-leuens van die maghebbers.