Peilings toon Johnson steun styg

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson en sy Konserwatiewe Party geniet tans die beste steun van kiesers sedert 2017, en met die peilings word ’n klikkende oorwinning verwag.

Vir die eerste keer sedert 1922 hou Brittanje ’n algemene verkiesing in Desembermaand, en die koue winterweer kan ’n invloed uitoefen op die totale stempersentasie.

Die 55-jarige Premier Johnson hoop op ’n stewige meerderheid in die parlement ten einde sy belofte te finaliseer om die Verenigde Koninkryk vroeg in 2020 uit die Europese Unie te lei.

In vier verskillende meningspeilings van die afgelope naweek is bepaal dat die Konserwatiewe party tussen 10 en 17 persent meer steun het as die Arbeidersparty van Jeremy Corbyn.

Volgens die gesaghebbende “YouGo” peiling het Johnson 45% steun terwyl Jeremy Corbyn 28% steun het, en die Liberale Demokrate sowat 15%.