Peiling: Groot oorwinning vir Britse premier

Alhoewel sekere koerante berig dat die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, se steun gedaal het in die afgelope week, toon die jongste peiling dat dit nie die geval is nie.

Met die verkiesing om die draai wat op 12 Desember gehou word, wil dit lyk asof die Konserwatiewes tot soveel as 68 setels meerderheid in die parlement kan kry.

Die peiling wat deur “YouGo” gedoen is, het in die vorige verkiesing ’n presiese uitslag voorspel, en met Johnson wat voluit gaan om Brexit af te handel, hoop miljoene Britte dat die voorspelling werklikheid sal word.

Die premier het aanvanklik gehoop om Brexit af te handel op 31 Oktober, maar die parlement het sy plan verwerp, en nou is hy genoodsaak om die finale uittrede op 31 Januarie 2020 dur te voer.