Pad na herstel is baie lank

Konrad Reuss

Die graderings agentskap S&P Global, wat regmatig die land tot rommelstatus afgradeer het, sedert 2017, het die ANC regime gewaarsku en gesê die pad van herstel is nie bereikbaar met die klap van vingers nie.

Die agentskap wys ook daarop dat die moontlikheid nie uitgesluit is dat hy oor twee weke weer ’n verdere afgradering kan maak nie vanweë die haglike posisie waarin Suid-Afrika hom bevind.

Die Besturende Direkteur van S&P Global Sub-Saharan Africa, Konrad Reuss, het as gasspreker opgetree by die Verbruikersgoedere Raad Konferensie in Johannesburg, wat gehou is in dieselfde tyd as Ramaphosa se konferensie waar miljarde Rand se beloftes gemaak is, waarvan die grootste deel van beloftes gewoonlik nie werklikheid word nie.

Reuss het dit beklemtoon dat die agentskap nog in November se evaluering die land verder kan afgradeer, wat beleggings en investering verder sal kelder.