Oud minister aangekla vir bedrog

Die ANC parlementslid en oud-minister van Staatsekuriteite, Bongani Bongo, het vlugtig in die Kaapse Landdroshof verskyn nadat hy deur die Valke gearresteer is op beweerde korrupsie klagtes.

Hy word ondersoek nadat hy ingemeng het met die Parlementêre ondersoek rondom Staatskaping. Bongo het glo gepoog om ‘n advokaat om te koop wat getuies sou lewer oor die Staatskaping by Eskom.

Bongo se skielike opkoms in party geledere het reeds drie jaar, voor sy aanstelling as minister, die wenkbroue laat lig en sy noue verbintenis met Jacob Zuma is geen geheim nie.