Oos-Kaap se manne van toilet-skandaal vas

Alhoewel nege mense vasgetrek is wat vermoedelik betrokke waas by die toilet skandaal in die Oos-Kaap, beteken dit nie dat daar nie nog arrestasies gemaak kan word nie.

Diegene wat reeds vasgetrek is, sluit heelwaarskynlik hoë profiel regerings amptenare in, sowel as sogenaamde sakemanne wat hulle sakke gevul het.

Die nege is deur die Valke gearresteer in verskillende provinsies soos Gauteng, Natal, Oos-Transvaal, en Oos-Kaap.

’n Tiende persoon is later vasgetrek nadat die wat reeds in aanhouding is, begin het om hulle tonge los te wikkel.

Die opspraakwekkende Amathole Distrik Munisipaliteit se toilet skandaal het in 2015 op die lappe gekom waar R630 miljoen se tender toegeken is om 66,000 toilette te bou in die Oos-Kaap, maar toe nooit werklikheid geword het nie.

Verskeie hooggeplaastes van die ANC word aangehou, maar geen name is bekendgemaak terwyl hulle verhoorafwagtend is nie.