Oormaat Vitamin E glo gevaarlik

Die Amerikaanse regering se navorsings laboratorium het bevestig dat Vitamin E waarskynlik agter die vlaag siektetoestande en dood van talle mense skuil.

In die grootste aantal gevalle wat betrokke is, was swart mark aankope van sekere produkte die gevaar weens die groot hoeveelheid vitamien E daarin.

Duisende mense in die VSA rook dagga, en wêreldwyd word miljoene mense verslaaf aan die dwelmmiddel wat nou in verskeie lande gewettig is om te kweek en te gebruik.

Die navorsing toon dat die grootste aantal gevalle van siekte toestande deur die inaseming van dagga stowwe is wat ryk aan vitamien E is en gevolglik longsiektes tot gevolg het.

Verskeie dagga produkte is getoets, en van die sowat 29 wat getoets is, het almal longsiektes veroorsaak wens ’n oormaat vitamien E .

Die navorsers sê dit is die eerste keer dat sulke toetse uitgevoer is, en wat aandui dat dagga produkte gevaarlik is vir die menslike gebruik daarvan.

Meer as 2,000 gevalle van siekte toestande is aangemeld by die navorsers, en minstens 39 sterftes wat almal verband hou met die gebruik van dagga op een of ander wyse, is gesê.