Onversadigbare geld honger in SA

Bernice Swarts

Die ANC se parlementslid, ene Bernice Swarts, word daarvan beskuldig dat sy betrokke is by ’n swendelary waar R600,000 betrokke is.

Die ANC het glo ’n ondersoek begin na die beweerde swendelary waar sakelui onder die indruk gebring is dat die geldjies vir die ANC se verkiesingsveldtog gebruik sal word.

Min inligting oor Swarts is bekend, maar die jongste ondersoek na die R500,000 wat vir Ramaphosa se CR17 verkiesingsfonds moes gaan, het glo totaal soek geraak.

Nou bestaan daar blykbaar verwarring, want die Openbare beskermer het ook ondersoek gedoen na R500,000 wat klaarblyklik deur Watson se Bosasa geskenk is, maar wat wel inbetaal is maar deur Ramaphosa so misleidend aan die parlement verduidelik het, dat verskeie politieke opponente dit as leuens afgemaak het.

Swarts het volgens gerugte, R16 miljoen van ’n rekening ontvang wat gekoppel is aan die verkiesingsveldtog om ondersteuning te kry uit Oos-Transvaal, en het ook R500,000 van Tuwani Mulaudzi ontvang, wat glo verdwyn het en nooit inbetaal is in die ANC se CR17 rekening nie.