Onrus hervat in Bolivia

Die Suid-Amerikaanse staat Bolivia se rustigheid was van korte duur, en hernude optogte wat gepaard gaan met geweld in die hoofstad, La Paz, het die tussentydse regering verplig om ’n parlementêre besluit te kry vir die hou van ’n algemene verkiesing.

Dit is gedoen in ’n poging om die straat geweld te stop wat nou weer begin het nadat kalmte neergedaal het sedert die tussentydse president en haar regering oorgeneem het.

Verset optogte het begin na die vorige algemene verkiesing waarin president Morales herkies is, maar na bewering nie sonder verkiesingsbedrog is nie.

Die landbouers was eerste om die onrus te hervat, en die Kamer van die Kongres het in sy jongste sitting besluit om ’n opvolg verkiesing te hou.

Die stryd tussen Morales se ondersteuners en sy teenstanders is die hoofoorsaak waarom die onrus nie tot bedaring kom nie.

President Morales het bedank en was verplig om uit die land te vlug uit vrees vir sy lewe, en die adjunkpresident het ook sy bedanking ingedien.

Intussen word Bolivia regeer deur Senator Jeanine Anez as die land se tussentydse president, maar waarnemers reken ’n nuwe verkiesing is die enigste weg om te volg wat die gewelddadige optrede sal beëindig.