Ongeletterdheid verhoog brein siekte

Nuwe bevindinge het getoon dat gereeld lees en skryfwerk kan verseker dat die brein aktief bly en sodoende verseker dat die menslike brein die hele leeftyd sonder enige insinking sal funksioneer.

Die bevinding is gemaak deur ’n span wetenskaplikes wat die skakels wat kan lei tot hoër risiko’s van dementia.

Dementia is die voorloper na die gevreesde Alzheimer wat volgens die jongste opnames geweldig toegeneem het onder mense in die ouderdom van 70 en daarna.

Die navorsers het ook bevind dat mense wat kan lees en skryf, minder vatbaar is vir dementia, terwyl ongeletterde mense ’n veel groter kans het om in die toestand te verval.

Die wetenskaplikes se bevinding, wat onder leiding van J. Manly, Ph.D, verbonde aan die Columbië Universiteit, het die afgelope week die verslag vrygestel in die gesaghebbende Amerikaanse Akademie vir Neurologie se mediese joernaal.

Een van die mees kenmerkende simptome van Dementia is die verlies van die geheue en is meestal waarneembaar by ouer mense.