OB slaan na Ramaphosa


Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het besluit om die ANC se president, Cyril Ramaphosa, terug te slaan nadat hy die hof gevra het om beskuldigings teen hom te verwerp.

Die OB beskuldig die president in haar hofdokumente daarvan dat hy skuldig is aan misleiding, en dat hy “tegniese redes” aanvoer om sy oortreding ongedaan te maak en daarmee nie met die “werklike saak” handel nie.

Alles gaan nog steeds oor die sogenaamde CR17 bankrekening waarin R500,000 inbetaal is deur Bosasa en wat deur Ramaphosa misleidend verduidelik is aan die parlement.

Die OB sê geeneen sal toegelaat word om weg te kom in enige hof met die soort optrede soos deur die president gevolg is nie.

Sy sê as almal werklik gelyk is voor die reg, dan kan die hof nie toelaat dat Ramaphosa daarmee wegkom nie.