OB se toekoms verdonker

Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, staar ’n onsekere, en donker toekoms in die gesig, en haar lewe as OB hang aan ’n dun draadjie.

Dit lyk of die Nasionale Vergadering getaak gaan word om haar moontlike ontslag as OB gaan oorweeg ingevolge sekere bepalings van die toepaslike wet.

Die optrede kom nadat verskeie oproepe tot aksie oor Mkhwebane se omstrede hantering van sake, en haar verslae wat telkens in suksesvolle hofgedinge betwis is.

Sy word ook beskou as polities ’n Zuma-gesinde, wat haar oordeel oor sake beïnvloed sodat sy nie onpartydige beslissings neem nie.

’n Moontlike voorstel van hoe haar saak hanteer moet word, gaan voor die Nasionale Vergadering gelê word vir oorweging, wat  Mkhwebane se loopbaan as OB vroeg in 2020 kan beëindig.