OB ondersoek hoof van Sassa

Themba Matlou

Beskuldigings word gemaak dat Themba Matlou, wat aan die hoof staan van die Sosiale Sekuriteit Agentskap (Sassa) in Sentraal Transvaal, sy kantoor gebruik het om ’n veldtog te voer vir ’n provinsiale posisie in die ANC.

Bewerings word ook gemaak dat hy die staat se bronne en finansies gebruik het vir die veldtog, en die Openbare Beskermer gaan nou ondersoek doen na die bewerings.

Hy word ook daarvan beskuldig dat hy sy mag as hoof beampte misbruik deur mense te benadeel wat nie met sy siening van sake saamstem nie.

Dit is nie bekend wie die klagte ingedien het by die Openbare Beskermer se kantoor op 5 November nie, maar die OB kantoor het glo ’n skrywe gerig om verdere inligting op die aanklagte te bekom.

Die klaer beweer dat Themba Matlou ook goedgekeur het dat vervoer en hotel verblyf betaal word vir een van sy “geliefdes”.