Nuwe kontrak vir e-tol laat vrae

Verskeie instansies hê die bestaande e-tol kontrak as ’n volslae mislukking beskryf, en tenders is gevra vir ’n nuut opgestelde kontrak wat daarmee gepaard gaan.

Op 2 Desember verval die bestaande kontrak met die Electronic Toll Collections (ETC en moet een van die nuwe tenders aanvaar word om die omstrede stelsel staande te hou.

Die kontrak wat sedert 2013 in gebruik was, is later verleng om ’n totaal van ses jaar te geld, en wat uiteindelik R9,9 miljard beloop het.

Die kontrak wat bepaal dat die funksies van die e-tol en die instandhouding van paaie in die provinsie die kontrakteur se belangrikste taak is, moet nou met die nuwe kontrak tot uitvoer gebring word.

Twee tenders is ontvang, waarvan een ’n bedrag van R11.399 miljard beloop, en ’n tweede tender beloop R7.5 miljard.

Outa het glo vasgestel dat die tender van Kusa Kokutsha vir R7.5 miljard eers in Augustus gestig is, en klaarblyklik met die uitsluitlike doel om die e-tol tender te bekom.