Nuusflitse

SA Express en verskaffers in hofgeding

Die staatsbeheerde lugredery, SA Express is gewikkel in hofsake met verskaffers.  Miljoene rande is betrokke by kontrakte wat glo onreëlmatig toegeken is. Daar word verder beweer dat sekere kontrakteurs kontrakte opwaarts “aangepas” het.  ‘n Verdere hofsaak is aan die gang rondom ‘n huurooreenkoms van R 14 miljoen by ‘n ander verskaffer.  Vliegtuig motore is gehuur teen ‘n bedrag van R26,7 miljoen en SA Express het die ooreenkoms ook na eksterne regskenners verwys.

Jesse Duarte huil oor ANC

Die ANC se adjunk sekretaris-generaal Jesse Duarte, het die ANC uitgeskel as rassiste. Sy sê verder dat die party stamgebonde-chauvinisties is deurdat lede van die party wat nie swart is nie, gemarginaliseer word.  Sekere bleek gesigte word volgens haar aangestel om die voorkoms van ‘n multi-kulturele party voor te hou.