Nuusflitse

Regerings se onreëlmatige uitgawes

Die onreëlmatige uitgawes of te wel verkwisting van geld deur die regering het toegeneem tot R 62 biljoen.  Dit aldus die Ouditeur Generaal Kimi Makwetu. Hy het ‘n beroep gedoen op regerings leiers om hierdie wanbestuur te staak en weer verantwoordelikheid te aanvaar van hul pligte.  Die OG se kantoor het 770 nasionale en provinsiale departemente asook 14 staatsbeheerde entiteite geoudit en gevind dat onreëlmatige uitgawes van R52 miljoen verlede jaar toeneem het tot R62,6 biljoen. Ongemagtigde uitgawes beloop tans R 1.365 biljoen.

Eksamen vraestelle lek uit

Die eens hoogs aangeskrewe Universiteit van Suid Afrika is die tweede keer die jaar in ‘n krisis weens lekkasie van eksamen vraestelle.  Daar is sopas 17 modules wat gelek is voordat die eksamens begin is.  Daar gaan glo gebruik gemaak word van buite drukkers om die lekkasies te voorkom.