Nuusflitse

Witbank hospitaal personeel vlug

Nadat ‘n pasiënt die naweek dood geskiet is in die hospitaal is daar slegs noodpersoneel werksaam aangesien personeel vrees vir hul lewens.   ‘n Pasiënt wat behandel was vir skietwonde is in die nood eenheid dood geskiet, klaarblyklik deur die aanvaller wat verantwoordelik was vir sy skietwonde.  Pasiënte word verwys na nabygeleë hospitale.

SAID soek R200 miljoen

SAID het ‘n siviele eis ingestel om meer as R200 miljoen te herwin wat verlore gegaan het weens onwettige tabak handel. ‘n Ondersoek span rondom die bedrywigheid is deur die vorige hoof van SAID Tom Moyane ontbind .  Intussen is daar beslag gelê op 44,9 miljoen onwettige sigarette tussen April 2019 en Oktober 2019.