Nuusflitse

Ses vragmotors brand in Oos Transvaal

Die polisie is op soek na verskeie verdagtes wat betrokke was by drie aparte insidente waar ses vragmotors aan die brand gesteek is.  Een voertuig is in Hendrina, vier by Arnot kragstasie en een naby Kriel aan die brand gesteek. Skade beloop in die omgewing van R5 miljoen. Geen arrestasies is gemaak nie.

Sewe motor vervaardigers wil SEB bevorder

Nasionale Assosiasie van Motor Vervaardigers van SA (Naamsa), het aangekondig dat R6 miljard beskikbaar gaan wees wat swart deelname aan die motor bedryf gaan bevorder. Daar sal gepoog word om meer swart handelaars en swart werkswinkels daar te stel.  Al die sewe motor vervaardigers BMW, Ford, Izuzu, Nissan, Toyota, Mercedes-Benz en VW gaan direk gebruik maak van die dienste van swart-eienaars in die bedryf. Dit word gedoen om transformasie aan te dryf.

Zuma siekte

Gerugte doen die rondte dat Jacob Zuma al weer die regsproses vertraag deur te kenne te gee dat hy ’n rare siekte toestand opgedoen het en tot volgende Vrydag siek sal wees – die kenners weet blykbaar nie watter siekte dit is nie, maar weet wel dat hy tot volgende Vrydag siek sal wees.