Nuusflitse

BLF gederegistreer

Die BlackLandFirst (BLF) politieke party is deur die Verkiesings Hof gederegistreer as politieke party. Dit volg na die Vryheidsfront se aansoek in die lig van die BLF se grondwet wat  bepaal dat die party slegs vir swart mense is.

Prasa gaan 164 treine lewer

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het aangekondig dat Prasa 164 stelle treine gaan lewer teen einde Desember 2019. Daar is nie gemeld wie en waar die treine gemonteer word nie en of daar binne 9 weke aan die “belofte” voldoen kan word.

Zuma te siek vir ondersoek

Jacob Zuma se regsverteenwoordiger het die Zondo Kommissie oor staats kaping ondersoeker laat weet dat hy volgende week “siek” sal wees en nie kan aanmeld om te getuig eerskomende Maandag nie. 

Is Regering nou moeg vir wanbetalers?

Die portefeulje komitee van Menslike Vestiging het aangekondig dat die regering nou moeg is vir mense wat weier om vir water te betaal en dring daarop aan dat voor-af betaalde meters nou geïnstalleer moet word.  Dit is die aanbeveling van ‘n taakspan wat reeds in 2017 opdrag gegee is om wanbetaling van dienste te ondersoek.